Jim Fouche

Matriekuitslae 2023

TUISMatriekuitslae 2023

Matriekuitslae 2023

by | Jan 30, 2024

Ware uitnemendheid is om jouself te oortref in alles wat jy doen.

Na afloop van die 2023 matriekeksamen het die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) die uitslae ontleed en die volgende inligting is beskikbaar gestel.

Besoek gerus die webtuiste van www.skole.co.za vir die volledige verslag.

16de - Afrikaans

Hoërskool Jim Fouché beklee die 16de plek nasionaal van Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings per kandidaat. (10 de plek nasionaal en 1ste plek in die Vrystaat van Afrikaanse seuns- en dogterskole)

15de - Engels FAT

Nasionaal 15de plek van alle skole met die meeste onderskeidings in Engels Eerste addisionele taal (12 de plek nasionaal van Afrikaanse seuns- en dogterskole)

17de - Rekeningkunde

Nasionaal 17de plek van alle skole met die meeste onderskeidings in Rekeningkunde (6 de plek nasionaal van Afrikaanse seuns- en dogterskole).

16de - Wiskunde

Nasionaal 16 de plek van alle skole met die meeste onderskeidings in Wiskunde per getal kandidate (3de plek nasionaal van Afrikaanse seuns- en dogterskole)

8de - Lewenswetenskap

Nasionaal 8ste plek van alle skole met die meeste onderskeidings in Lewenswetenskappe (2de plek nasionaal van Afrikaanse seuns-en dogterskole). 

9de - Fisiese Wetenskap

Nasionaal 9de plek van alle skole met die meeste onderskeidings in. Fisiese Wetenskappe per getal kandidate S (1ste plek nasionaal van Afrikaanse seuns- en dogterskole)

10de - Lewenswetenskap

Nasionaal 10de plek van alle skole met die meeste onderskeidings in Lewenswetenskappe per getal kandidate (2de plek nasionaal van Afrikaanse seuns- en dogterskole).