Jim Fouche

Welkom by Hoërskool Jim Fouché

Meer as net ‘n skool, dis ‘n LEEFWYSE!

SAAI OM TE OES

Bereik jou Ware Potensiaal

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ontmoet skoolhoof Mnr Henri Wilken

Welkom by Hoërskool Jim Fouché

Saai om te oes

In 1959 is die hoeksteen gelê om ‘n skool van uitnemendheid te bou in Gardeniapark, Bloemfontein. Hoërskool Jim Fouché het in die laaste 60 jaar gegroei tot ‘n skool met hoë standaarde, goeie waardes en dissipline asook toegewyde onderwysers… ‘n ware tuiste vir leerders en ouers wat groot droom en positief is oor die toekoms.

Ons glo dat kinders die kans gegun moet word om te ontwikkel tot gelukkige en gebalanseerde volwassenes.

Hier by JF, kry elke een ‘n kans om tot sy of haar volle potensiaal te groei. Dit is hier waar ons die leuse ‘Saai om te Oes’ voluit elke dag uitleef, want ons is TROTS JF.

JIM FOUCHÉ VISIE

Om ʼn leierskool te wees op die gebied van akademie, sport, kultuur en geheelmensontwikkeling, gegrond op ʼn inklusiewe morele waardesisteem met Afrikaans as onderrigtaal.

AKSIES, LEERDERS, LEERKRAGTE EN OUERS LEEF UITNEMEND

Uitnemendheid kry gestalte deur die visies van Jim Fouché.
Die uitbouing is as volg:

AKADEMIE

Om te leer

INTELLIGENSIE

LEIERS

Om te lei

SOSIALE INTELLIGENSIE

SPORT

Om te leef

FISIESE INTELLIGENSIE

KULTUUR

Om te waardeer

EMOSIONELE INTELLIGENSIE

Leerders

Spanlede

Jare Gestig

Graad

JIM FOUCHÉ ETOS

Drome word verwesenlik deur ‘n visie wat gekenmerk is deur ‘n bereidwilligheid om hard te werk, ‘n soeke na uitnemendheid en ‘n oortuiging in ons reg en verantwoordelikheid om as gelyke lede van die samelewing te leef.

SEDERT

Getuigskrif

Wat hulle sê oor ons skool

 

Top skool waar élke kind saak maak. Onderwysers stap hier die ekstra myl!!

Estelle M. Human

Facebook Resensie

JF kweek waardes, dissipline en verantwoordelikheid by leerlinge. Sal JF hoërskool altyd dankbaar wees vir die waarde wat hulle toegevoeg het tot ons kinders se lewe.
Alta Barkhuizen

Facebook Resensie

Uit die hoof se kantoor

Ons Skoolhoof nooi jou uit!

JF is meer as net ‘n skool…dit is ‘n leefwyse.

Op die vooraand van een van die belangrikste keuses in jou jongmenslewe, is dit vir my ‘n voorreg om met jou ‘n gedagte of twee te deel oor hoekom my bloed groen is.

Gelukkige kinders presteer… Hier wil ons nie net hê dat jy hard moet leer en hard moet speel nie, maar as ‘n mens in geheel ontwikkel. Ons streef daarna om ‘n gelukkige en standvastige tiener, geanker in geloof, integriteit, verantwoordelikheid, lojaliteit, omgee en respek die wêreld in te stuur.

Hou jou op hoogte met JF nuus

Nuwe Ontwikkelings en Nuus