KLEREDRAG
Waar kom ons skoolkleure vandaan en wat beteken dit?
Die kleure dateer reeds vanuit 1954 toe die ou Wilgehofskool ontstaan het. Dit is beplan deur mevrou du Plooy en word as volg verklaar: Wilgehof kom van die wilge wat GROEN is; Heraldies moet die agtergrond van ‘n wapen altyd SWART wees; in 1954 vind die eeufees van die Oranje-Vrystaat plaas, vandaar die ORANJE; en die WIT simboliseer die reinheid, opregtheid en getrouheid.
Klerebank Tye:
Tydens Kwartale:
Maandae tot Vrydae: 10:20 – 11:20
Dinsdae: 13:30 – 14:00
Woensdae: 07:00 – 07:30
Vir verdere navrae skakel die kantoor by tel: 051 – 502 1760/1 of stuur ‘n e-pos na klerebank@jf.co.za.
Kloppers, Tunika en Awerbachs is verskaffers van kleurbaadjies, dasse, truie en rokke.
SOMERSDRAG
SEUNS:
- Gewone grys kort– of langbroek en ‘n gewone wit hemp.
- ‘n Skooldas is altyd verpligtend.
- Gewone swart skool toeryg skoene (geen dik sole nie).
- Gewone grys kouse by langbroeke en lang grys JF-skoolkouse by kort broeke.
- ‘n Eenvoudige, dun swart lyfband sonder ‘n groot of versierde gespe is verpligtend.
MEISIES:
- Groen rok, wit kortmou-skoolhemp en wit sokkies.
- Swart skoolskoene met ‘n enkele bandjie oor die voet.
kleredrag
SPORTSDRAG
SEUNS & MEISIES:
Alleenlik voorgeskrewe JF-sporthemp. Geen ander bostukke is toelaatbaar nie.
- Somer: Swart Adidas kortbroek.
- Winter: JF Sweetpak. Slegs by skool verkrygbaar.
kleredrag
WINTERSDRAG
SEUNS:
Net soos vir die somerseisoen, met ‘n groen V-nek trui met ‘n oranje streep in die riffelstrook en ‘n skoolbaadjie.
MEISIES:
Groen rok, wit langmouhemp met ‘n das. Swart Opaque kouse (swart deurskynende sykouse mag nie gedra word nie) en ‘n groen V-nek trui met ‘n oranje streep in die riffelstrook en ‘n skoolbaadjie.
LW: Leerders mag onder geen omstandighede net ‘n trui dra nie.