Hoërskool Jim Fouché
GESKIEDENIS
ONS LEUSE
In September 1954, nadat mnr. Du Plooy reeds die aanstelling as hoof vir 1955 ontvang het, het hy by sy broer in Johannesburg gekuier. Terwyl hy by die Vaalrivier kampeer het, het hy in alle erns na ‘n leuse vir die skool begin soek. Hy het reeds lank met die “saaigedagte” rond geloop en toe sy vrou op die leuse “Saai om te oes” kom, is die saak beklink.
Hoe is die leuse saamgestel? In Matt. 13:3 lees ons: “’n Saaier het uitgegaan om te saai….” In vers 8 lees ons: “’n Deel het op goeie grond geval en vrug opgelewer – eenhonderd – die ander sestig – die ander dertigvoudig.” Die hoofsaak van elke vers is, naamlik saai om te oes. Sedertien is die leuse “SAAI OM TE OES”.
ONS SKOOLLIED
In 1955, pas nadat mnr. P.W. du Plooy as hoof by Wilgehof Volkskool begin het, het hy die personeel gevra om elkeen ‘n poging aan te wend om ‘n skoollied daar te stel. Vol inspirasie het hy self daardie middag gaan sit en sy sluimerende digterlike talent vrye teuels te gee.
Die volgende dag het hy sy poging op die swartbord geskryf. Ter wille van sy vrees dat die personeel dalk die poging ernstig sou opneem, het hy ewe “D.F. Malherbe” onderaan geteken. DIe personeel is ingeroep en hulle uitspraak was dat die digter ‘n mooi stuk werk, vol inspirasie, daargestel het. Daarna het mnr. Du Plooy die skuilnaam uitgevee en sy eie naam geteken. Onmiddelik was die werk nie meer “so mooi” vir hulle nie, maar (volgens hom) het niemand dit gewaag om beswaar te maak nie.
NAAM VAN DIE SKOOL
Na die bekendmaking in 1956 dat daar ‘n nuwe hoërskool in Wilgehof gebou sou word, het die soektog dadelik begin vir ‘n geskikte naam.
Na deeglike oorweging het mnr. P.L.S. Aucamp voorgestel dat die skool vernoem moet word na die destydse administrateur, mnr. Jim Fouché. Vandag dra ons skool met trots die naam van die voormalige Staatspresident JIM FOUCHE.
JIM FOUCHE

2019
Na die bekendmaking in 1956 dat daar ‘n nuwe hoërskool in Wilgehof gebou sou word, het die soektog dadelik begin vir ‘n geskikte naam.
JIM FOUCHÉ SKOOLLIED